
Goudveld-Hoërskool Taal- en Kunstefees

Video opname reëls
1. Alle items se tydsduur bly soos aangedui in die programme.
2. 'n Selfoonopname is voldoende. Die minimum resolusie moenie kleiner as 640x480
(VGA) wees nie, en 'n maksimum resolusie van 1280x720 (HD). Maak dus seker
u maak die nodige verstellings op die toestel voor u dit opneem. Hierdie beperkings
behoort te verseker dat die video sonder moeite gestuur en ontvang kan word.
3. Probeer om in 'n stil omgewing met min agtergrondgeruis op te neem. Die agtergrond
moet asseblief so plein as moontlik wees (bv. 'n wit muur of plein gordyne), en sorg
dat daar genoeg lig op die deelnemer se gesig is.
4. Die video's moet ten minste in medium lyfskoot wees (kop bo-aan videoraam en voete
onderaan videoraam.
5. Die video moet hernoem word na die kategorienommer en deelnemer van en naam,
bv. V1.5 van der Walt, Leoné.
6. Om seker te maak dat daar nie foute deurgaan as die video gestuur word nie, moet die
deelnemer sy/haar naam en van en kategorie aan die begin van die video sê.
7. Die kleredrag bly soos dit in die programme aangedui is.
8. Die video's moet in .mp4 formaat en dokumente in .pdf formaat gestuur word na
die betrokke afdeling se e-posadres.